Turkye steeds 'n onbereikte nasie wat deurbraak nodig het

Turkye steeds 'n onbereikte nasie wat deurbraak nodig het
'n Christenwerker in Istanbul deel onlangse nuus en gebedsonderwerpe.
Verlede week het ons nog 'n wonderlike dag van uitreik in 'n besige deel van Istanbul gehad. Dosyne, miskien honderde het traktaatjies ontvang, en dosyne het die evangelie gehoor wat duidelik aangebied is deur ons span van meer as 15 gelowiges. Een man het kwaad geword ná my sketsbordaanbieding en gesê ek moet weggaan en nie "sendingwerk" ('n slegte woord vir baie) daar doen nie...
Hierdie dag, anders as die meeste, het ons 'n groter persentasie van opposisie en geestelike blindheid gesien, wat ons hartseer maak.
Dawid
1. Laat ons voortgaan om vir Turkye te bid vir die binding van geestelike kragte sowel as die verswakking van kulturele en historiese vooroordele wat mense blind maak vir die eer van Christus.
2. Bid dat die broers en susters in Christus vrymoedig sal wees om Sy waarheid met die Turke te deel en dat daar baie geleenthede sal wees om dit te doen. Mag baie drome en visioene van die Here hê wat hulle harte oopmaak om meer te weet en Sy volgelinge te word!
3. Bid dat die verenigde gebedsbeweging in die nasie ten volle sal blom en die hele nasie sal bedek in voortgesette verenigde en gesaghebbende gebed vir Sy versoening van al die mense van die land en transformasie.