'n Spesiale gebedsinisiatief met 'n internasionale span word vir die laaste week van Mei in Bagdad beplan. Bid asseblief vir die organiseerders, die reëlings, deelnemers en die span terwyl voorbereidings getref word vir Sy leiding en beskerming.
Ons Irakse broers en susters in Christus het ons gebedsondersteuning ook nodig vir die volgende:
- Vir die verkiesing van die Irakse parlement teen die einde van hierdie maand.
- Versoening tussen die sentrale en die Koerdiese regerings.
- Staan teen die gees van Islam, bloedvergieting, Satan-aanbidding.
- Geestelike honger om die Here te ken onder die Irakse mense.
- Ondersteuning en beskerming vir die gelowiges vanuit 'n Moslem agtergrond. Een broer, 'n jong man, is twee weke gelede in Mosoel deur sy familie vermoor, 12 koeëls!
- Versoening tussen gelowiges en samewerking in gebedsnetwerke.
- Vir die Katolieke en Ortodokse biskoppe, om oop te wees vir die Here se werk deur ander Christelike organisasies.