Rusland: Gevangenisse kyk na gelowe vir morele leiding

Europa - - 21 Sep 2010 - Print - Email

Rusland se tronke, wat sukkel met 'n groeiende misdaadsyfer, oorbevolking en tekorte in befondsing, wend hulle tot godsdiens om morele leiding aan gevangenes te bring. Die stap dui op 'n dramatiese verandering van die Sowjet-stelsel, toe geestelikes en gelowiges dikwels gevange geneem is vir hul geloof. "Ons het ooreenkomste met al die voorste bekentenisse van ons land onderteken," het Aleksandr Reimer, die direkteur van Rusland se Federale Korrektiewe Diens, in 'n onderhoud met die Rossiiskaya Gazeta, 'n amptelike regeringskoerant, gesê. Alhoewel die Russies-Ortodokse Kerk die afgelope paar jaar al hoe meer na aan die staat geraak het, het Reimer gesê dat dit nie die doel was om Rusland se grootste godsdiens op gevangenes af te dwing nie. Reimer het gesê dat die korrektiewe diens 'n loodsprojek met die Russies-Ortodokse Kerk in vier streke van Rusland begin het om tronkkapelane in te stel.

Bid: dat die Kerk die uitdaging sal aanvaar en God se wysheid en leiding aan die gevangenes sal bring.

Meer: http://www.eni.ch/featured/article.php?id=4411