Rusland: Godsdiensvryheid bevraagteken

Europa - - 16 Nov 2012 - Print - Email

Daar is 'n 'patroon van diskriminasie' wat in Rusland ontstaan wat in ideologie gewortel is. Die regering en die Russies-Ortodokse Kerk beskou die groeiende dinamiese gemeentes van evangeliste as 'n bedreiging. Die land se grondwet bepaal dat alle godsdienste gelyk is voor die wet, maar die regering word dikwels daarvan beskuldig dat hulle diskrimineer teen burgers wat ander gelowe as die Ortodokse Christendom bely. Vladimir Ryakhovsky, wat die Slawiese Sentrum vir Reg en Geregtigheid bestuur, het gesê dat die regering vanjaar die Russies-Ortodokse Kerk 200 boupermitte gegee het en in baie gevalle sal die regering help om die nuwe kerke te finansier. Maar 'n onlangse nagmerrie vernietiging van Holy Trinity Evangelical Church deur swaar masjinerie terwyl die polisie toegekyk het, weerspieël 'n dreigende patroon teen godsdiensvryheid. Evangelies is bekommerd oor die groeiende invloed van die Russies-Ortodokse Kerk binne die staatsapparaat en beskuldig Wladimir Poetin daarvan dat hy mure tussen kerk en staat afbreek.

Bid: vir die veiligheid en voortdurende toename van gemeentes wat gediskrimineer word weens hul geloof. Mag hulle voortgaan om die liefde van Christus te ontmoet en met ander te deel. (Jes.33:5)

Meer: http://www.charismanews.com/world/34538-church-demolished-russias-fading-religious-freedom