Russies-Ortodokse Patriarg Kirill het Christene aangesê om vir reën te bid terwyl veldbrande steeds in dele van Rusland versprei. "Die dodetal het verdubbel en 'n gemiddeld van 700 mense sterf elke dag in Moskou sedert laat verlede week weens die rookmis," berig Al Jazeera. Patriarg Kirill het Maandag tydens 'n besoek aan een van die gebiede wat die ergste geraak is, getreur oor die verlies aan lewens en vernietiging. 'Hierdie nasie het hartseer geword, menselewens is verlore, honderde het skuiling verloor en duisende is sonder voedsel gelaat, insluitend kinders. Ek doen 'n beroep op almal om te verenig in gebed dat reën op ons aarde sal neerdaal.' Patriarg Kirill se oproep het saamgeval met die Dag van die profeet Elia, toe Ortodokse Christene tradisioneel vir reën bid. Die Russiese regering het gesê die ernstigste brande het in die Oeral-, Wolga- en Sentraal-distrik gewoed.
Bid: dat God die uitroepe van Sy mense sal hoor en antwoord wanneer hulle vir reën bid. (Job.5:9-10)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/orthodox.patriarch.prays.for.rain.as.deadly.wildfires.rage.in.russia/26418.htm