Rusland se parlement het 'n wet aangeneem wat internasionale steun beperk tot werk van nie-regeringsorganisasies se werk. Die wetsontwerp dwing groepe om as 'buitelandse agente' te registreer en kwartaallikse verslae oor hul aktiwiteite in te dien. Versuim om daaraan te voldoen kan groot boetes en moontlik tronkstraf tot gevolg hê. Kritici sê die wet is daarop gemik om die werk van NRO's moeiliker te maak, hulle te intimideer en hul beeld te skend. Die VSA-gebaseerde groep Russian Ministries, wat saam met kerkleiers regdeur die voormalige Sowjetunie werk, glo dat dit hul bediening en ander NRO's in soortgelyke werk sal beïnvloed.
Bid: dat God Christelike bedieninge regdeur die streek sal versterk terwyl hulle die implementering van hierdie nuwe wet in die gesig staar. (1Kor.1:27)
Meer: http://www.cbn.com/cbnnews/world/2012/July/New-Law-Could-Restrict-Ministries-in-Russia/