'n Geverfde portret en leë kinderwa is al wat oorbly van die 14 maande oue Angyalka, wat op 4 Oktober 2010 in die dorpie Kolonttar in die brandende slikvloed van die nabygeleë aluminiumaanleg verdrink het in Hongarye se ergste chemiese ramp ooit op rekord. . Sommige dorpenaars stop om te onthou, of bid, rondom 'n gedenkteken vir diegene wat gesterf het toe 180 miljoen liter rooi slyk die dorpie Kolonttar en nabygeleë dorpe, 150 kilometer wes van Boedapest, oorstroom het. Die dorp se sukkelende boere het nou eers weer hul lande begin bewerk, nadat hulle die meeste van die slyk verwyder het. Plaaslike owerhede het hulle van nuwe lande voorsien om hul gewasse te plant. Omgewingskenners bly bekommerd oor die langtermyn impak van die ramp. Hardwerkende inwoners wat hul geliefdes verloor het, sê dit is min bevrediging dat die eienaar van die Ajka Alumina-aanleg met byna 650 miljoen dollar beboet is weens die ramp. Hulle sê niks in die wêreld kan ooit vergoed vir die lewens wat verlore gegaan het nie.
Bid: dat, soos die land stadig herstel word, emosies en geeste ook genees sal word. (Ps.34:17,18)