Hongarye: Rapping parochiepriester hoop om kerk te moderniseer

Europa - - 12 Okt 2013 - Print - Email

Wat is die beste manier om uit te reik na jongmense, om hulle aan te moedig om kerk toe te gaan en 'n Katolieke lewe te lei? Gemeentepriester Zsolt Kovesdy van Kunszentmárton, Hongarye, het 'n idee. Hy beplan om 'n radioprogram te begin wat rap en hip-hop musiek speel. Die stasie sal natuurlik musiek wat vloek en onvanpaste onderwerpe bevat vermy, maar sy plan is om eerlike woorde en gedagtes oor die lewe en die wêreld te bied. Kovesdy glo dat die Katolieke Kerk net jongmense kan bereik as dit sy metodes moderniseer en hy glo 'n sosiale radio met moderne musiek en interaktiewe geselsprogramme kan 'n goeie oplossing wees. Hy is reeds baie gewild in sy gemeente en het 'n reeks aktiwiteite georganiseer, insluitend perde- en karritte en klim. Volgens 'n Hongaarse koerant het hy selfs 'n skaatsplankbaan gemaak en die kinders hul planke in die kerk se binnehof laat gebruik.

Bid : Kovesdy sal deur hierdie inisiatiewe groei in die kerk sien.

Meer: http://www.euronews.com/2013/10/07/rapping-parish-priest-would-modernise-church-in-hungary/