Italië: Bybels vir Noord-Afrikaanse vlugtelinge

Europa - - 18 Apr 2011 - Print - Email

Evangeliese Alliansie Italië versprei hulp en Bybels aan tienduisende Noord-Afrikaanse vlugtelinge wat gevlug het na Lampedusa, 'n Italiaanse eiland 75 myl van die Tunisiese kus af. Die eiland sukkel om die toestroming van migrante die hoof te bied en baie van die 20 000 migrante wat na raming in die laaste paar maande in Italië aangekom het, is verskuif – maar daar is nog sowat 6 000 op die klein eiland, baie van hulle Tunisiërs. Spanne vrywilligers is deur die Evangeliese Alliansie Italië gestuur om saam met plaaslike owerhede te werk om die verhouding tussen die vlugtelinggemeenskap en die plaaslike mense te fasiliteer. Die vrywilligers sal ook hulp versprei, insluitend Bybels en ander Evangelielektuur, en op gepaste maniere aan die vlugtelinge van die liefde van Christus getuig. Die alliansie doen 'n beroep op gebede vir die duisende migrante wat 'n 'onsekere toekoms' in die gesig staar. Na raming sal meer as 50 000 migrante na die kus van Italië kom.

Bid: dat die Kerk versterk sal word wanneer sy geleenthede betree om humanitêre hulp te verleen en God se voorsiening te deel. (Mt.4:19)

Meer: http://www.christianpost.com/news/bibles-aid-being-distributed-to-n-african-refugees-49794/