Italië: 14 000 haweloses ná aardbewings

Europa - - 01 Jun 2012 - Print - Email

Meer as 50 naskokke het Noord-Italië oornag getref terwyl duisende in tente of in die oopte geslaap het uit vrees om na hul huise terug te keer 'n dag nadat 16 mense hul lewens verloor het en meer as 300 beseer is deur 'n kragtige aardbewing. Die naskokke het die senuwees laat raas van die 14 000 mense wat dakloos gelaat is deur die aardbewing wat Emilia-Romagna Dinsdag getref het en 'n vorige een wat die gebied op 20 Mei getref het. Kenners het gesê naskokke kan vir dae of selfs weke voortduur, wat die vrees en onsekerheid vererger van die tienduisende mense wat deur die natuurramp geraak is in 'n driehoek tussen die stede Bologna, Ferrara en Modena. Baie inwoners het gesê hulle kan verstaan hoekom eeue oue geboue ineengestort het, maar moderne geboue moes die aardbewing deurstaan het. Daar is vermoedens dat sommige skelm gebou is met goedkoop materiaal. Die regering het gevra dat ondersoek ingestel word na hoekom die skade aan moderne strukture so groot was.

Bid: vir vinnige reaksies van diegene met kundigheid en bewese vaardighede om te voorsien in die behoeftes van almal wat deur hierdie ramp geraak word. (Ps.40:1,2)

Meer: http://www.telegraph.co.uk/news/worldnews/europe/italy/9299532/Italy-earthquake-50-aftershocks-hit-stricken-region.html