Kazakstan: Harde nuwe godsdienswet kom?

Europa - - 24 Mar 2011 - Print - Email

Menseregtegroepe in Kazakstan spreek kommer uit oor 'n dokument van die regerende parlementêre party wat 'nie-tradisionele gelowe' in die land aanval. Die groepe meen die dokument dien die verhoog vir nog 'n poging deur die Kazakse parlement om die bestaande wet op godsdiens te verander. Die dokument beskuldig verskeie godsdiensgroepe - insluitend sommige Protestantse Christelike kerke - daarvan dat hulle 'deur Westerse lande gefinansier word'. Die dokument voeg by dat tienduisende Kazakse burgers lede van sulke groepe is en 'hulp nodig het'. 'n Woordvoerder van die regerende Nur Otan-party beweer dat die dokument voor die uitreiking gestop is, en dat die navorser verantwoordelik vir die godsdiensafdeling 'afgesit is'. Hierdie verslae toon weereens dat die godsdiensvryheid wat so hard gewen is in voormalige Sowjetlande op sy beste skraal is, en dat die teenstanders van evangeliese kerke nie tou opgooi in hul pogings om die Evangelie te onderdruk nie.

Bid: gereeld vir Kazakse kerke, vra die Here om hulle te beskerm en te onderhou te midde van vasberade teenstand. (Op.3:8).

Meer: http://www.sga.org/2011/03/news-and-analysis-7/