IS laat 37 bejaarde Assiriese Christene vry

Die Assiriese Menseregte-netwerk het bevestig dat die Islamitiese Staat Saterdagoggend uiteindelik 37 bejaarde Assiriese Christene vrygelaat het, ná hul nege maande van barensnood onder die hande van die ekstremiste. Hulle is gevange geneem in Tal Talmer, 'n stad in die noordooste van Sirië. Die onlangs vrygelaat gevangenes was deel van 'n groep van 215 burgerlikes wat sedert Februarie deur IS aangehou word. Families van diegene wat steeds gyselaar gehou word, is hoopvol dat hulle ook vrygelaat sal word omdat Saterdag se vrylating van gyselaars volg op onlangse kleiner vrylatings. 88 van diegene wat gevang is, is nou vry, en die Menseregtenetwerk is in voortdurende onderhandelinge om die res te bevry. Sien ook: http://edition.cnn.com/2015/11/07/middleeast/assyrian-christians-isis-released/