Rekordgetal Bybels wat in 2014 uitgegee is

Verlede jaar het die hoogste aantal Bybels ooit wêreldwyd deur Bybelgenootskappe versprei. Byna 34 miljoen Bybels is uitgedeel, 'n styging van 6% teenoor 2013; dit is 428,2 miljoen Skrifgedeeltes wat versprei is. Die figuur sluit volledige Bybels, Testamente, Evangelies en ander kleiner skrif-items in. Die Amerikas het die hoogste verspreidingskoerse gerapporteer, met 341,5 miljoen Skrifte, insluitend 14,4 miljoen volledige Bybels. Brasilië het meer as enige ander land uitgegee – 7,6 miljoen vol Bybels; daar word gemeen dat dit 'n hupstoot gekry het deur die baie duisende wat tydens die FIFA Wêreldbeker versprei is. Kuba het 1,5 miljoen weggegee – meer as dubbel die totaal wat in 2010 versprei is. Die Bybelgenootskap het berig dat meer as vyf keer die aantal Testamente in Sirië in 2014 versprei is soos voor die konflik begin het, in 2010.