Evangelie vorder te midde van oorlog teen IS in Irak

Die koalisie-eenhede in Irak het gedurende Oktober militêre aanvalle in Ramadi in die weste en Baiji in die noorde verskerp. Terselfdertyd kon Christenwerkers wat geestelike stryd in Noord-Irak voer, skaars tred hou met inwoners van die gebied se begeerte om van Christus en die Bybel te leer. Mense in Noord-Irak se outonome Moslem-streek Koerdistan is lank reeds meer oop vir Christenskap as ander Irakezen, maar hulle was veral gretig sedert IS dele van die streek oorgeneem het. "Hulle is net siek vir Islam," het die direkteur van 'n ministerie in Koerdistan gesê. 'Mense is baie honger om van Christus te weet, veral wanneer hulle hoor van wonderwerke, genesing, barmhartigheid en liefde.' Hy het elke dag talle getuienisse gehoor; kerke het ontstaan en mense kyk na satelliettelevisie-uitsendings van ander wat vertel hoe hulle hul vertroue in Christus kom stel het. Dit is 'n 'ontwaking' onder Moslems in Noord-Irak.