Vinnige kerkgroei in Iran

Die Iranse kerk groei met groter momentum, soos daaglikse verslae aandui. Ten spyte van vervolging verkondig Iranse Christene Christus moedig. Meer as een miljoen Skrifte is sedert 2003 aan Iraniërs versprei. Gelowiges is betrokke by gereelde evangelisasie, en rapporteer dat die meeste die Skrifte met vreugde ontvang. Christelike TV, wat Iran per satelliet ingestraal het, bereik privaat woonkamers van gesinne wat andersins nooit die Evangelie sal hoor nie. Die reaksie is betekenisvol, met duisende wat elke maand op programme reageer. Alhoewel satellietskottels verbied word, het na raming 28 miljoen mense toegang tot satelliet-TV (skottels is in die hokke van huise versteek). Die amptelike kerke in Iran word noukeurig deur die regering gemonitor, so gelowiges vergader in huiskerke, meestal met agt tot twaalf lidmate. Om veiligheidsredes word hulle gedwing om te vermeerder sodra hulle ongeveer twaalf mense bereik. Dit help om die Evangelie nog meer te versprei.