Afghanistan: Christelike uitsaaiwese

Lofverslae - - 11 Aug 2011 - Print - Email

Hierdie maand het The Afghan Christian Media (ACM) 'n weeklikse een uur regstreekse TV-geselsprogram vir Afghanistan bekendgestel. Hussain Andaryas, die gasheer van die Stem van Christus en redakteur van (ACM) het gesê: 'Dit is 'n wonderlike hulpmiddel om miljoene te bereik met die evangelie van die Here Jesus. Die program het 'n Bybelonderwyser en mede-aanbieder van die Mala-khel-stam van Afghanistan wat gereageer het op die talle telefoonoproepe wat tydens die eerste 3 regstreekse uitsendings ontvang is. Afgaanse en sommige Iranse gehore het baie reaksies en kom met vrae oor geloof in Jesus. Tot dusver kom die meeste reaksies van Afghaanse wat in Iran woon. Die uitsending het oorspronklik as webgebaseerde gospel-televisie begin. Later het dit 30 minute televisie deur Satelliet-TV uitgesaai wat goed deur Afghanen wêreldwyd ontvang is. Nou is dit Regstreeks op Dinsdagaande om 20:00 vir almal met 'n TV in Afghanistan met 3 herhalings op Woensdae.

Prys: God vir hierdie goeie nuus, mag dit 'n stortvloed van nuwe gelowiges en vaste dissipelskap in die streek veroorsaak. (Ro.10:14,15)

Meer: http://www.afghantimes.com/May12-2008.htm