Afrika: Jongmense ontmoet in 'kragstasies van gebed'

Lofverslae - - 02 Mar 2012 - Print - Email

'Goeie nuus! Dit is wat dit is. Van regoor Afrika begin ons verhale van vernuwing, herlewing en transformasie hoor. Kyk mooi, luister mooi, want hierdie stories kom uit elke uithoek van die vasteland. Die jeug van Afrika is besig om die woord te versprei. ’n Nuwe generasie is gereed om in die gaping te staan en die prys te betaal. Gereed om die 'kragstasie van gebed' te betree.' Alfred Gcilitshana is duidelik opgewonde toe hy gedeel het oor die gebedsbeweging wat jongmense in Afrika roer. Hulle ontmoet mekaar in sogenaamde 'kraghuise van gebed', plekke wat toegewy is om God op verskeie kreatiewe maniere te soek. 'Ons kom na die kragstasie toe, want ons is baie opgewonde oor Jesus en passievol oor gebed,' sê hy. 'Ons wil bid totdat ons sien dat God oor die hele wêreld deur alle kulture verheerlik word. In die kragstasie kan ons onsself op baie verskillende maniere in gebed uitdruk.

Prys: God vir die opwindende nuus van jongmense wat regoor Afrika in gebed bymekaarkom. (2Sa.7:27)

Meer: http://www.openheaven.com/forums/printer_friendly_posts.asp?TID=39028