Afghanistan: Asemrowende redding van ontvoerde hulpwerkers

Lofverslae - - 08 Jun 2012 - Print - Email

Verlede week het ons gebid vir die veilige vrylating van Christelike hulpwerkers wat in 'n afgeleë gebied van Badakhshan se Yafta-distrik ontvoer is. ( Sien Gebedswaarskuwing 22-2012) Hierdie week kan ons dankie sê vir hulle vrylating. David Cameron het 'n dramatiese grotredding deur die SAS van die Britse hulpwerker Helen Johnston gemagtig wat een van diegene was wat aangehou is. Hy het verlede Vrydag die trekpas gegee vir die operasie toe die bende gedreig het om mej Johnston en die ander gyselaars dood te maak tensy 'n Afgaanse dwelmbaron uit die tronk vrygelaat word en die losprys betaal word. Troepe het deelgeneem aan 'n 'lang optog' na 'n grot waar die gyselaars aangehou is, sonder om opgemerk te word. SAS-beamptes het toe per helikopter opgedaag, die grot in die dood van die nag bestorm en alle gyselaars is veilig gered, geen troepe is beseer nie.

Prys: God vir hierdie spoedige antwoord op gebed. (Ps.113:1-2)

Meer: http://www.dailymail.co.uk/news/article-2153854/Breathtakingly-brave-SAS-rescue-kidnapped-British-aid-worker-Black-Hawk-raid-Afghanistan-cave.html#ixzz1wiD9VlOk