Wêreldwyd: Gebedsinisiatief vir onbereikte mense

Ses-en-dertig jaar gelede by die eerste Lausanne-kongres se Strategiese Gebedsgroep-vergadering het Ralph Winter oor die 'Hidden People Groups' gepraat (sien ook hierdie week Britse Eilande INSIGARTIKEL). Daardie eerste vergadering het baie aktiwiteite begin wat op die 10-40-venster gesentreer het. Hierdie jaar ontmoet hulle weer in Kaapstad 2010 en voel hoe die Here sy kerk opnuut roep tot tye van strategiese gebed vir die 'mins bereikbare' nasies; maar hierdie keer sal sy kerk die gereedskap van die 21ste eeu kan gebruik om mensegroepe van die wêreld aan te raak. Ons word uitgenooi om deur tegnologie te verenig en die oes in te bring. Hulle begeerte is om te sien dat strategiese gebedsgroepe gestig word en intree, beide oor Skype en ter plaatse in bepaalde nasies onder onbereikte mensegroepe, en glo dat die Here vir ons Sy strategieë sal gee om die oes in te bring! Hulle moedig 'n vennootskap aan met bestaande gebedsnetwerke en voorbidders om 'n sinergie van goddelike verbinding en toenemende passie vir gebed vir die onbereiktes te skep. PRYS DIE HERE!

Bid: dat die kerk deur hierdie inisiatief sal verenig en dit nie sien as iets apart van wat hulle reeds doen nie. (Num.2:2 & Jes.18:3)

Meer: http://www.unreachedprayer.org