Wêreldwyd: Pedofilie

Of dit nou Viëtnam, Koeweit, Senegal of die VSA is – kinders word emosioneel en fisies geskend terwyl die oortreders dikwels anonimiteit en straffeloosheid geniet. 5 000 mans besoek Thailand elke jaar om seks met kinders te hê en tussen 60 000 en 200 000 Thaise kinders is by prostitusie betrokke. In Indonesië word tussen 40 000 en 70 000 kinders elke jaar in die sekshandel opgeneem – twee derdes word in die buiteland verhandel. Kambodja se departement teen mensehandel het erken: 'Ons ontken nie dat Asiatiese mans daarvan hou om seks met kinders hier te hê nie.' Japan is die wêreld se hoofvervaardiger van minderjarige pornografie. Die Filippyne het 1,5 miljoen straatkinders, met 30 000+ betrokke by prostitusie. 'n Midde-Ooste-joernalis het gesê: 'Nadat ek vir meer as 10 jaar in die Midde-Ooste gewoon het, kan ek nou met sekerheid sê dat pedofilie nie net in hierdie windverwaaide woestyne bestaan nie, maar dat dit hoogty vier.' Op 'n positiewe noot:- 'n FBI-ondersoek na minderjarige prostitusie het 105 kinders bevry en gelei tot die arrestasie van 150 beweerde 'pimps' in 76 Amerikaanse stede. sien: http://news.sky.com/story/1121828/child-prostitution-fbi-sting-rescues-scores

Bid: dat alle regerings onmiddellik sterk optree teen pedofilie. Bid dat hierdie aksie 'n voorkomende effek sal hê, wat 'n einde sal bring aan beide beskikbaarheid en aanvraag. (Ps. 7:11)

Meer: http://www.win1040.com/page.php?spg=Pedophilia%20in%20the%20Window