Wycliffe reageer op beskuldigings

Oor die laaste paar weke het baie verkeerde inligting op die internet gesirkuleer oor die vertaling van die Bybelse term wat in Engels as 'die Seun van God' in sekere Bybelse kontekste weergegee word. Eddie Arthur, die Uitvoerende Direkteur van Wycliffe Bible Translators skryf: 'Bybelvertalingsbesluite is dikwels kontroversieel en dit is nie ongewoon dat mense wat dieselfde taal praat, sterk verskil oor die manier waarop 'n vertaling uitgevoer word nie. Wycliffe Bible Translators UK-lede wat by hierdie soort vertalings betrokke is, word gesekondeer na 'n vennootorganisasie, SIL International. In die lig van die voortslepende kommer, het SIL onlangs aangekondig dat die publikasie van enige verwante Skrifte gestaak word hangende 'n uitputtende en wydlopende tydperk van konsultasie met Kerkleiers en ander van regoor die wêreld. Ons kollegas in SIL neem 'n dapper stap om die publikasie van die Skrif op te skort in dele van die wêreld waar kontroversie aangewakker is en ons sien uit na die uitslag van hul tydperk van wêreldwye konsultasie.'

Bid: dat hierdie konsultasie 'n spoedige oplossing sal bring onder leiding van God se wysheid en duidelikheid. (Spr.4:5)

Meer: http://sil.org/sil/news/2012/SIL-dialogue-translation-practice.htm