Die president van die Wêreldbank het berig dat wêreldwye voedselpryse gevaarlike hoë vlakke van alle tye bereik het. Wêreldwyd kan hoë voedselpryse bydra tot politieke onstabiliteit en miljoene in armoede stoot. Uiters vreemde weerpatrone wêreldwyd het baie oeste vernietig en het die aanbod van voedsel wat beskikbaar is vir 'n groter vraag na voedsel getref. Mense in die ontwikkelende lande is die ergste getref omdat hulle soveel as die helfte van hul inkomste aan kos moet bestee. In die VSA het mieliepryse met 60 % gestyg en graan- en vleispryse verhoog. Hoë energiepryse is ook te blameer. Voedselpryse sal na verwagting aanhou styg aangesien baie van die nuwe jaar se oeste nog nie geplant is nie, sê ekonome verligting kan maande weg wees.
Bid: dat regerings die reperkussies van hierdie tekort op die armstes van die bevolking sal erken en met deernis sal optree. (Spr.11:25)
Meer: http://www.cbn.com/cbnnews/finance/2011/February/World-Food-Prices-at-Dangerous-High-Levels/