Die hoof van die Wêreldraad van Kerke het uitgereik na 'n wêreldwye byeenkoms van Evangelicals en gesê Christene van verskillende tradisies moet by mekaar leer om saam aan God se sending deel te neem. Ds Olav Fykse Tveit het gesê 'Ons is geroep om een te wees, om versoen te word, sodat die wêreld kan glo dat God die wêreld met homself versoen in Christus. Hierdie geskiedkundige uitnodiging is 'n teken dat God ons almal geroep het tot die bediening van versoening en tot evangelisasie.' Die WKK en die Lausanne-beweging is dikwels gesien as verteenwoordigend van verskillende rigtings van die Christendom - die WKK word gesien as wat meer op sosiale aksie fokus, en die Lausanne-beweging wat bekend is vir sy bevordering van evangelisasie.
Bid: dat die gebed van Jesus vir Sy volk om verenig te word in hierdie tyd wêreldwyd vervul sal word. (Joh.17:21-22 )