Sedert Augustus het duisende gewapende soldate, polisie en veiligheidsmagte probeer om Christene wat weier om by 'n staatsgoedgekeurde kerk aan te sluit 'uit te wis'. Die veiligheidsmagte is 'strategies geplaas' om Christene in 23 dorpe in Viëtnam se bergagtige Gia Lai-provinsie dop te hou om te verseker dat niemand steeds God aanbid of 'n onafhanklike kerk vir aanbidding bywoon nie. Die veiligheidspolisie word beveel om enigeen wat hierdie godsdienswet oortree, in hegtenis te neem, te martel en tronk toe te stuur. Daar was geen onmiddellike kommentaar van Viëtnamese amptenare nie, maar die ministerie van buitelandse sake het in die verlede berigte van oortreding ontken. Viëtnam se Kommunistiese regering laat Christene toe om by die amptelike Evangeliese Kerk van Viëtnam aan te sluit, maar baie Degar Christene verkies om in huiskerke te aanbid. 'Die Viëtnamese regering het 'n nuwe godsdiens geskep en 'n nuwe kerk gebou, maar dit is nie godsdiens en kerk wat ons nodig het nie.' het 'n plaaslike Christen gesê.
Bid: dat Viëtnamese Christene die reg sal hê om Jesus Christus in die kerk van hulle harte te aanbid.(Joh.4:23)