Drie-en-sestig Christelike pastore en kerkleiers bly opgesluit in betreurenswaardige omstandighede in vier gevangeniskampe rondom Viëtnam net dae nadat godsdiensleiers owerhede daarvan beskuldig het dat hulle probeer om godsdienste in die land te vernietig. Byna al die 63 gevangenes is lede van etniese minderheidsgemeenskappe in die Sentrale Hooglande van Viëtnam. 'n Voorspraakgroep het gesê dat Christene weens hul status as 'n lid van 'n etniese minderheid en hul aanhang aan 'n geloof (wat steeds as 'n Amerikaanse invoer beskou word) 'n vlak van onderdrukking in die gesig staar wat veel hoër is as die meeste Viëtnamese. Hulle woon ver van groot stedelike gebiede en die bereik van die meeste internasionale nuusagentskappe, en het ook min hoop op hulp. Selfs amptelike kerke in sommige gebiede staar vervolging in die gesig, huisgroepe word gereeld geteister en in die Binh Phuoc-provinsie is plaaslike owerhede besig om 116 kapelle van die Stieng-minderheidsgroep af te breek wat aan die wettig-geregistreerde Evangeliese Kerk van Vietnam (Suid) behoort.
Bid: vir die onmiddellike vrylating van die leiers, beskerming vir alle praktiserende Christene in Viëtnam en 'n einde aan onregverdige vervolging. (Ps.14:6)
Meer: http://www.bosnewslife.com/30891-vietnam-detains-dozens-of-pastors-church-leaders