Viëtnam: Christelike Kerke geteiken

Twee kerke in Viëtnam het die aandag getrek van plaaslike owerhede wat later beveel het dat hulle gesluit moet word, berig Open Doors USA. In Mei was 'n groep gelowiges op pad na 'n kerk in 'n onbekende dorpie in die suidweste van Viëtnam toe die polisie hulle voorgekeer het. Die predikant is ook ontbied en ondervra waarom hy kerklede van ander dorpe gehad het. Die owerhede het hom gewaarsku en gesê dat hy 'in oortreding van die wet' was. 'n Maand later het plaaslike owerhede in 'n ander dorpie in die suide van Viëtnam 'n pastoor gedwing om sy kerk, wat al baie jare bestaan, te sluit en sy Christelike aktiwiteite te staak. Sy huis het ook gestaan op grond wat vir 'n staatsprojek geoormerk was, maar sy gesin is nie vergoed soos sy bure nie.

Bid: vir God se Kerk dat wysheid aan hom gegee sal word terwyl dit vervolging in die gesig staar. (Ef.4:16)

Meer: http://www.religiontoday.com/blog/christian-churches-targeted-in-vietnam.html