In 'n sentrale regering se onderdrukking van die Protestantse Christendom in Viëtnam, is honderde Christene van 10 noordelike provinsies uitgesluit van 'n Kersviering wat op 19 Desember sou plaasvind toe die polisie die deure gesluit en weggestuur het. Sommige van die diep teleurgestelde Christene het voor die gebou begin sing en bid. Die polisie het ingetrek en sommige met vuiste en nagstokke geslaan in die nabygeveg wat gevolg het. Videogrepe van die aksie is teen Maandag 20 Desember aanlyn geplaas. Christenleiers het die skare kalmeer, wat uiteindelik vertrek het, maar nie voordat minstens ses mense – insluitend ds. Nguyen Huu Bao, die geskeduleerde spreker – in hegtenis geneem is nie. Soortgelyke voorvalle het op 19 Desember op minstens vier ander plekke regoor die land voorgekom. Soos Kersdag nader kom, blyk dit dat die 400 000 Protestante in ongeregistreerde kerke geweier sal word om saam fees te vier.
Bid: vir diegene wat geslaan en gewond is om God se vertroosting en genesing te ken en dat amptenare Christene in 'n positiewe lig sal sien en geen bedreiging vir hul gesag nie. (Jes.9:6)
Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/vietnam/30101