Verskeie onregverdige beslissings is teen Christene gemaak sedert die begin van 2010. Die huise van talle Christene sowel as kerke is oorval, en baie Christene is beboet vir die deel van hul geloof, die hou van godsdiensdienste en die onwettige verspreiding van Christelike lektuur, volgens Forum 18 Nuus. Binne die afgelope drie maande het die druk egter toegeneem tot die punt van onwettige tronkstraf. 'In die afgelope paar maande is 10 Christene tot administratiewe aanhouding gevonnis vir hul Christelike bedrywighede - dit kan iets so eenvoudig beteken soos om 'n Bybelstudie in hul huis te hou,' sê Carl Moeller, president van Geopende Deure USA. "Dit is vier keer die hoeveelheid aanhoudings wat ons verlede jaar gesien het." Dit is onduidelik presies hoekom die onderdrukking so vinnig soveel erger geword het. Moeller bevestig egter dat die Oesbekiese regering eenvormigheid verkies, nie diversiteit nie. 'n Toename in getalle van enige groep kan as sosiale en politieke onenigheid beskou word.
Bid: vir die Kerk in Oesbekistan dat die owerhede sy vervolging sal staak. (2Th.1:4)