Owerhede het kerke gewaarsku om nie jongmense en kinders toe te laat om eredienste by te woon nie en om nie sendingaktiwiteite uit te voer nie. Adjunkhoof van Administrasie het amptenare van die Katolieke, Russies-Ortodokse, Presbiteriaanse, Sewende-dag Adventiste en Baptiste kerke in die stad Angren ontmoet en vir hulle gesê: 'Alle ongeregistreerde godsdienstige aktiwiteite is 'n kriminele oortreding, in stryd met die internasionale menseregte-ooreenkomste, Oesbekistan is 'n party aan.' Hy het geëis dat die kerke hom van lyste van lidmate voorsien ('n stap wat lyk soos die tyd toe Oesbekistan nog deel van die Sowjetunie was). Kerkleiers het geweier om name te gee te midde van kommer dat owerhede individue kan druk. Hierdie verwikkelinge het gekom nadat 'n Baptiste Christen, 'n boete van 80 keer die minimum maandelikse loon opgelê is toe die polisie 'n vergadering van Baptiste met vakansie saam opgebreek het. Twee skoolmeisies het ook opgehou om die kerk by te woon nadat die polisie gedreig het dat hulle 'in polisierekords sal wees en uit die skool gegooi sal word'.
Bid: dat fanatiese godsdiensvervolging nie weer in die streek sal opduik nie. (Ps.37:11)
Meer: http://www.worthynews.com/11112-uzbekistan-churches-banned-from-evangelism-youth-worship