Oesbekistan: Evangeliese groep veroordeel onderdrukking van kerke

Die Religious Liberty Commission van die World Evangelical Alliance - wat meer as 400 miljoen Christene wêreldwyd verteenwoordig - het kommer uitgespreek oor polisieklopjagte op Protestantse gemeentes in Oesbekistan en die aanhouding van verskeie Christene. 'n Besondere kommer was 'n onlangse polisieklopjag op The Church of Christ in Tasjkent, een van die grootste Protestantse kerke in die hoofstad. Die polisie het sonder 'n lasbrief agt kerklede aangehou, beslag gelê op eiendom en drie kerklede vir 15 dae in die tronk gesit op aanklagte insluitend die oortreding van streng godsdiensregulasies van die voormalige Sowjet-nasie. Vyf ander kerklede het swaar boetes ontvang, met drie van hulle wat gedwing is om ongeveer tagtig keer die gemiddelde maandelikse minimum loon te betaal. Die probleme het begin tydens 'n Sondag-erediens op 16 Mei wat deur 500 mense bygewoon is, wat deur die polisie, die geheime polisie, belastinginspektoraat, brandweerinspekteurs en die sanitêr-epidemiologiese diens onderbreek is.

Bid: vir Christene in Oesbekistan, en vir geregtigheid en gelykheid vir die kerk in Sentraal-Asië. (Ro.8:34-35)

Meer: http://www.worthynews.com/8236-evangelical-group-condemns-uzbekistan-crackdown-on-churches