Oesbekistan: Christene gestraf vir vreedsame aktiwiteite

Twee Protestantse Christelike kerke in en naby Tasjkent is in die middel van April binne twee dae na mekaar aan klopjagte onderwerp. Die eerste klopjag het 'n jeugkonferensie gemik en die tweede - waar die polisie deur televisiejoernaliste vergesel is - 'n voedingsprogram vir haweloses gerig. Daarbenewens het 'n 'teen-terreur'-klopjag in Tasjkent tien Protestantse vroue wat vir 'n verjaardagpartytjie in 'n privaat huis bymekaargekom het, geteiken, agt van hulle pensioenarisse. Hulle is almal massiewe boetes opgelê. Geen amptenare in Tasjkent was bereid om te verduidelik waarom vreedsame godsdienstige gelowiges sulke strawwe moet in die gesig staar nie. Protestante in die noordweste van Oesbekistan het gekla van toenemende klopjagte, dreigemente, boetes, lektuurkonfiskasies en die vernietiging van godsdienslektuur op bevel van die hof. Staatsopgelegde beperkings op alle gelowe is streng en die jongste klopjagte, boetes, dreigemente en lektuurkonfiskasies kom namate godsdienstige gelowiges van 'n verskeidenheid gelowe kriminele verhore in die gesig staar vir vreedsame aktiwiteite.

Bid: dat God hierdie situasie omkeer en dat die Christene in Oesbekistan regverdig behandel sal word. (Ps.9:13-14)

Meer: http://www.forum18.org/