Thailand: Die ergste oorstromings in dekades

'n Christen van Thailand skryf: 'By 'n konferensie 2 weke gelede het die Here gesê ons gaan groot skuddings, natuurrampe, politieke omwentelinge ervaar. Is die kerk gereed om op te tree? Ons beleef nou natuurrampe terwyl ek dit tik. Bid asseblief nou! Noord-Thailand beleef die ergste oorstromings in dekades. Gisteraand se Singapore News het die verslaggewer in water tot by haar heupe gewys. Kerke in Bangkok is besig om oorlewingsstelle saam te stel vir die vloedslagoffers in die noordooste en sentraal-Thailand: fakkels, stewels, droë kos, medisyne, poeiermelk vir kinders. Die situasie word erger in sommige gebiede en versprei na wyer gebiede. Bid asseblief, hierdie is te groot en ons doen alles wat ons kan.' Oorstromings raak meer as 3 miljoen mense. Eerste Minister Abhisit Vejjajiva het gesê dit was die ergste oorstromings in 50 jaar as gevolg van groter as normale reënval wat damme en reservoirs beïnvloed, plus aggressiewe behuising en sake-ontwikkeling wat natuurlike dreineringskanale beïnvloed.

Bid: vir God se instaatstelling vir die Kerk in Thailand terwyl hulle doen wat Hy hulle ook al roep om te doen. (Ps.60:4-5)

Meer: http://www.washingtonpost.com/wp-dyn/content/article/2010/10/27/AR2010102700580.html