Die Koninkryk van Saoedi-Arabië: Hajj

Daar word na Saoedi-Arabië verwys as 'Die land van die twee heilige moskees', 'Al-Masjid al-Nabawi'-moskee waar Mohammed begrawe is en 'Masjid al-Haram' die grootste moskee ter wêreld wat in Mekka geleë is. Moslems maak 'n pelgrimstog na Mekka ten minste een keer in hul lewe as hulle kan.' Hierdie pelgrimstog word Hajj genoem. Die datums vir die Hajj verander elke jaar, hierdie jaar begin dit op 4 November en duur 4 dae. Duisende pelgrims sal godsdienstige dade verrig om van hul sondes gereinig te word deur by die Groot Moskee te bid, 'n nag in 'n tent by Mina deur te bring, te stap na waar Mohammed sy laaste preek gelewer het, met klippe te gooi na drie pilare wat Satan verteenwoordig, 'n dier te offer en sewe keer om 'n heilige rots loop. Bid asseblief vir diegene wat op soek is na reiniging en vergifnis, en ook vir die inwoners van Saoedi-Arabië waar die grondwet op die Koran gebaseer is.

Bid: dat Saoedi's en pelgrims hul geestelike dors werklik geles sal word. (Joh.7:37-38)

Meer: http://www.pray4muslimpeoples.org/index.php/resources/100-hajj-2011