Die Thaise regering blameer naamlose 'terroriste' vir ontploffings wat pendelaars Donderdagaand in Bangkok getref het, te midde van 'n dooiepunt in die Thaise hoofstad. Vroeg Vrydag het honderde onlustepolisie 'n groot pad oorgesteek om rooihemp teen-regeringsbetogers te konfronteer. Maar die polisie het later van konfrontasie teruggestaan en die rooies het ingestem om verder weg te beweeg van hul versperring. Brittanje, die VSA en Australië het nuwe waarskuwings uitgereik teen die reis na Thailand in die nasleep van die aanvalle. Ses weke van rooihemp-betogings het die Thaise regering erg uitgedaag. Die betogers beset dele van Bangkok se winkelsentrum en het versperrings gebou, waarvan die grootste die polisie in die Silom-sakedistrik in die gesig staar. Druk neem toe op die regering om 'n uitweg uit die konflik te vind, maar die ruimte vir onderhandeling blyk skraal te wees, sê korrespondente. Ban Ki-moon, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, het by monde van 'n woordvoerder gesê dit is ''n oomblik wat selfbeheersing van alle kante vereis'.
Bid: teen uiterste maatreëls van alle kante en vir selfbeheersing om vreedsame onderhandeling moontlik te maak. Vir Christene wat in Thailand werk om vryheid te hê om die Evangelie te deel. (Mt.24:12-14)
Meer: http://news.bbc.co.uk/1/hi/world/asia-pacific/8638942.stm