Sirië: Siriërs is 'bang'

"Mense is vreesbevange," het die Chaldese Christen-biskop Antoine Audo gesê. 'Die situasie word al hoe meer gewelddadig en onseker.' Duisende het reeds uit die oorloggeteisterde gebiede gevlug en diegene wat in die kruisvuur vasgevang is, se kos en basiese voorrade raak nie meer nie. Mense slaap in skole en parke, daar is nou 'n groot menslike nood, ons weet nie wat volgende gaan kom nie. Talle mense word elke dag vermoor aangesien honderde voortdurend uit hul huise gedwing word.' Terwyl al-Assad se regime deur baie as tirannies uitgebeeld is, stel sommige voor dat dit ten minste godsdiensvryheid beskerm het en minderhede soos Christene toegelaat het om in vrede te lewe. Baie vrees dat Sirië sal verander as radikale Islamiete oorneem en Sharia-wetgewing inbring.

Bid: dat hierdie verskriklike oorlog uiteindelik God se pad vorentoe vir die mense van Sirië sal bring en dat baie hulle sal wend tot die Een wat die lewens van behoeftiges red. (Jer.20:13)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/aleppo.bishop.syrians.are.terrified/30425.htm