Sirië: Tenks bestook Tel Kelakh

Tenks bombardeer sedert Saterdag die grensdorp Tel Kelakh terwyl hulle betogings teen president Bashar al-Assad onderdruk ná Sondae se betogings wat 'die omverwerping van die regime' eis - die slagspreuk van rewolusies wat ander Arabiese leiers omvergewerp het. Die weermag bestorm huise en maak arrestasies, en onttrek dan uit woonbuurte ná hierdie klopjagte. Sommige gesinne verset hulle en verkies die dood bo vernedering. Menseregtegroepe sê Assad se onderdrukking het minstens 700 burgerlikes doodgemaak. 'Ons is sonder water, elektrisiteit of kommunikasie', het 'n inwoner van Tel Kelakh op satellietfoon gesê. Artillerie- en swaar masjiengeweervuur het Dinsdagaand die hoofpad na Libanon getref, sommige mense wat na Libanon probeer ontsnap het, het teruggedraai omdat beskutting te swaar was. Die Tunisiese regering dreig om Libië by die VN-Veiligheidsraad aan te meld as die beskutting op die grens nie ophou nie. Sien:

Bid: vir die hawelose vlugtelinge wat uit Siriese geweld vlug en vir die geterroriseerde inwoners wat agterbly. (Ps.23:4)

Meer: http://www.reuters.com/article/2011/05/18/us-syria-idUSLDE73N02P20110518