Berigte duik op van kommerwekkende toestande wat diegene in die gesig staar wat in Sirië bly. 'Wanneer mense soggens hul huise verlaat, neem hulle afskeid van hul families vir ingeval hulle nie terugkom nie. Daar is oral selfmoordbomaanvallers en motorbomme wat afgaan. 70% tot 80% van die Christenbevolking het na Jordanië, Turkye, Irak, Libanon en Egipte gevlug. Lewensomstandighede in Sirië is uiters moeilik en gevaarlik. Min mense is in diens. Die infrastruktuur is aan flarde. Mense word onthoof. Meisies word verkrag en vermoor. Die pryse vir gas en kos is tien keer meer as wat dit twee jaar gelede was. Maar die situasie is erger vir Christene omdat hulle van alle kante van die konflik vervolging in die gesig staar. Daar is Al-Kaïda, andersdenkendes van die Siriese weermag, 'n Moslem-groep genaamd Victory, en ander faksies. Voor die rewolusie het Christene wetlike beskerming van die Assad-regering geniet.
Bid: dat God se genade sal rus op alle onskuldige slagoffers wat nog in Sirië woon. Mag die wat Hom ken ook sy troos ken en mag die wat Hom nog nie ken nie deur Hom gevind word. (Ps.60:5)