'n Week voor die Rwandese presidensiële verkiesing het die owerhede persvryheid geskend deur joernaliste in die tronk te plaas en nuusmedia te sluit. Ook 'n koerantredakteur is verlede maand vermoor. Die onderdrukkende maatreëls het voor die verkiesing verskerp met die skorsing van 30 nuusmedia. Deur hulle van 'n goedgekeurde regeringslys uit te sluit, is Rwanda se voorste koerante en radiostasies verbied. "Die Hoë Mediaraad se maatreëls net voor die verkiesing is hoogs verdag," het Verslaggewers Sonder Grense gesê. "Hulle poog om joernaliste te verhoed om hul werk as onafhanklike en onpartydige waarnemers van die verkiesingsproses te doen." Intussen, in die eerste werkswinkel vir Rwandese Christen-jeug, is aan 300 gelowiges gesê: 'Julle is die toekomstige leiers van hierdie land en wat julle nou doen, bepaal hoe en waar hierdie land in die toekoms sal wees. Help julle gesinne met betrekking tot vredebou wat tot die ontwikkeling van Rwanda sal lei.' Sien: http://allafrica.com/stories/201008030002.html
Bid: dat God se voornemens vir die land enige teëspoed sal oorkom. (Ps.37:18-19)
Meer: http://en.rsf.org/rwanda-around-30-news-media-closed-a-few-02-08-2010,38076.html