Rusland: Terrorisme sal nie die Evangelie stop nie

Wladimir Poetin agtervolg Islamitiese opstandelinge in die Noord-Kaukasus en sommige vrees dat die regering se onderdrukking van Islam tot strenger beperkings op Christene kan lei. Slawiese Evangelievereniging lei egter die volgende generasie kerkleiers op wat spesifiek in kruisgodsdienstige, kruiskulturele omgewings werk waar Christendom Islam ontmoet. Hierdie opleiding rus kerke toe om Russiese jeug te bereik en beskerm jongmense teen breinspoelende radikalisme. Hulle stuur ook jongmense na Somerkampe om agente van vrede en liefde te word. Baie gesinne, moeg vir oorlog en terrorisme, het na Christus gekom as gevolg van somerkampe. Hulle sien 'n ware Christelike boodskap van liefde. Ook in St.Petersburg verbind Buckner International hul weeshuise met plaaslike kerke, wat kerke in staat stel om proaktief 'n weeshuis aan te neem. Die stadskerke reël nou ook somerkampe. Bogenoemde verslae kom van Intercessor Networks. Klik die 'Meer'-knoppie vir 'n bemoedigende gebedsinsig van Rusland se Skole Sonder Mure-opleiding.

Prys: God dat Rusland se jeug na Christus toe kom en bid vir meer salwing op jeuguitreike in die Kaukasusberge. (Ro.15:5)

Meer: http://www.sga.org.uk/news_headlines/power_through_prayer.html