Pakistan: Vlugtelinge teen lasterwette

Pakistan se berugte godslasteringswette het gelei tot 'n massamigrasie van Christene uit Pakistan se Punjab-provinsie nadat skares hul lewens en eiendom in Gojra-, Korian- en Bahimnwali-dorpe aangeval het. Nazir Bhatti, die president van die Pakistan Christian Congress het kommer uitgespreek oor vertragings in die verwerking van honderde Pakistanse Christen-vlugtelinge in Sri Lanka, Maleisië, Thailand en Hong Kong wat jare wag vir besluite oor hul asielaansoeke terwyl hulle onder betreurenswaardige omstandighede leef. 'Christelike gesinne ly honger terwyl hulle op hul lot wag terwyl internasionale noodlenigingsagentskappe weier om namens hulle betrokke te raak'. Bhatti het ook beweer daar is 'n dubbele standaard in die Weste se behandeling van Pakistan se Christene. Toe Malala Yousafzai deur die Taliban geteiken is, is haar saak deur Buckingham-paleis aangehoor. Wanneer Christenmeisies deur dieselfde Taliban geteiken word in sy aanval op die Peshawar-kerk, is geen mediese behandeling vir hulle in die EU aangebied nie.

Bid: dat vlugtelinge regverdig behandel sal word in Pakistan en in die lande waarheen hulle gedwing is om te vlug. Bid teen godsdiensvervolging.(Ps.31:1)

Meer: http://www.christianpersecution.info/index.php?view=12661