Pakistan: Verkragtings van Christenmeisies eskaleer

Drie Moslemmans het 'n 16-jarige meisie op 21 Julie met 'n vuurwapen verkrag en haar pa is later ontvoer en gemartel. Hy het op die veld gewerk toe drie mans wat vir sy Moslem-werkgewer werk, sy dogter by hul huis oorval, haar met 'n vuurwapen by een van die kamers ingesleep en verkrag het. Die volgende aand het meer as 'n halfdosyn madrassa-studente in 'n ander distrik 'n 12-jarige skoolmeisie bendeverkrag. Haar onderwyser het gehoor hoe een student sê: 'Ons sal hierdie Christene 'n les leer wat hulle nooit sal vergeet nie.' Sewe of agt van hulle het toe die meisie verkrag terwyl die ander toekyk. Plaaslike polisie het aan Compass Direct erken hulle was onder druk van Moslemleiers en ekstremiste om hulle daarvan te weerhou om 'n verslag in te dien. Die Sentrum vir Regshulp het gesê Moslem-grondeienaars en hul familielede sien Christenmeisies of -vroue as hul roerende sake. Dag vir dag neem die koers van verkragtings van Christenmeisies toe in plaas van daal.

Bid: dat God Christene sal vertroos en versterk in tye van vervolging, en hulle in staat sal stel om te vergewe terwyl hulle haat in die gesig staar. (Mat.24:13-14)

Meer: http://www.assistnews.net/Stories/2010/s10080075.htm