Pakistan: Staan teen terrorisme

Moslems in Pakistan het Sondag 'n menslike skild by 'n kerk in Lahore gevorm om Christene teen terreuraanvalle te beskerm. Dit was die tweede sulke betoging in 'n week na 'n soortgelyke vertoning van Moslem-Christelike eenheid in Karachi. Christene is 3% van die Moslem-gedomineerde 180 miljoen. Onlangs het selfmoordbomaanvallers hulself by 'n kerk opgeblaas en 80 doodgemaak en 130 beseer. 'n Groep genaamd Jundullah het verantwoordelikheid aanvaar en gesê hulle sal voortgaan om nie-Moslems in Pakistan te teiken totdat hommeltuigaanvalle opgehou het. "Die terroriste het ons gewys wat hulle op Sondae doen," sê Mohammed Jibran Nasir, organiseerder van die menseketting-protes. 'Hier wys ons vir hulle wat ons op Sondae doen. Ons verenig. Ek sien geen rede waarom ons politici en ons leiers nie uit hul huise moet kom, die luukse van hul veilige huise moet verlaat en in solidariteit met die gewone mens moet staan nie.'

Bid: dat Christene in Pakistan 'n dapper getuienis sal toon aan diegene rondom hulle. Bid vir beskerming vir Christene wat intimidasie en dreigemente in die gesig staar.

Meer: http://www.persecution.org/2013/10/08/muslims-and-christians-in-pakistan-protect-churches-with-human-chain/