Pakistan: 11 Mei verkiesings geweld

Daar was baie wat probeer het om die vrye verkiesings te ontwrig en verwarring te veroorsaak in die aanloop tot Pakistan se verkiesings op 11 Mei. 'n Christen wat in die land woon, het ons gesked om 'Bid dat mans en vroue van vrede in die amp geplaas sal word en dat diegene wat verkies word deur die mense gerespekteer sal word, selfs al stem hulle nie saam met hul politiek nie.' Van 1 Januarie tot 21 April vanjaar is 1 536 individue dood en 1 263 beserings opgedoen as gevolg van terrorisme in Pakistan. In die afgelope agt dae is 55 individue dood en meer as 120 beseer in bomaanvalle op verkiesingsvergaderings, kandidatekantore en geteikende doodmaak van kandidate. Die sigbare verkiesingsveldtog kan net in Punjab gesien word en al hierdie ontploffings is deel van die agenda om demokrasie te verswak en verteenwoordigers te ontneem om aan bewind te kom.

Bid: vir beter sekuriteit tydens die komende verkiesings deur wysheid en waaksaamheid van politieke leierskap, veiligheidsagentskappe en polisie. (Ps.34:14)

Meer: http://asiantribune.com/node/62418