Pakistan: Humanitêre krisis

Tienduisende dorpies is steeds onder water met 17 miljoen hektaar se broodnodige oeste wat uitgewis is. Dit sal in die nabye toekoms voedseltekorte beteken vir 'n land wat so arm is dat dit afhanklik is van buitelandse hulp om selfs in die goeie jare oor die weg te kom. Agt miljoen van die 20 miljoen wat geraak word, het nog geen hulp gesien nie, en woedende burgers kla hul regering faal hulle deur nie vir hulle kos of vervoer te kry nie. Private booteienaars neem mense deur die vloedwater, maar vra soveel dat min Pakistani's kan betaal.

Bid: dat nie gierigheid of kompromie in Pakistan floreer nie, maar dat 'n gees van nederige diens eerder gebore sal word en deur ramphulp sal deurdring. (Mt.5:7)

Meer: http://www.cbn.com/cbnnews/world/2010/August/Food-Shortages-Next-for-Pakistan-Flood-Victims/