Noord-Korea word beskou as die wêreld se mees onderdrukkende nasie. Christene word gesien as weier om die oppergesag van wyle Kim Il Sung, Noord-Korea se eerste leier, en sy seun, Kim Jong Il, te aanvaar. Bid asseblief vir Christene in Noord-Korea wat doodgemaak kan word bloot omdat hulle 'n Bybel besit. Alle Christelike byeenkomste, Christelike lektuur en Bybels word verbied sodat gelowiges gedwing word om in die geheim te vergader. Vra God om Noord-Korea se ondergrondse kerk te beskerm en sterk leiers op te rig. Baie Christene is as politieke gevangenes na doodskampe gestuur en onder haglike omstandighede aan wrede behandeling onderwerp. Bid asseblief vir Christene in aanhouding en vra God om hulle te help om te verduur en Christus se liefde met hul medegevangenes te deel. Voordat die Kommuniste aan bewind gekom het, was daar 300 000 Christene in Noord-Korea en die hoofstad Pyongyang was bekend as 'Asië se Jerusalem'.
Bid: dat herlewing weer in die sogenaamde 'kluisenaarsryk' sal uitbreek. (Ef.2:22)
Meer: http://www.releaseinternational.org/javascript/prayers.htm