Noord-Korea stel ondergrondse kerkleiers tereg

Noord-Korea het drie leiers van die ondergrondse kerk tereggestel en 20 ander Christene tronk toe gestuur, berig 'n nuusagentskap wat op Asië gefokus is. Alhoewel die teregstelling en tronkstraf in die middel van Mei plaasgevind het, het nuus eers hierdie maand uitgekom. Volgens AsiaNews het Noord-Koreaanse polisie 'n klopjag op 'n huis in Kuwal-dong in die Pyungsung-distrik, Pyongan-provinsie, toegeslaan en al 23 gelowiges gearresteer wat daar bymekaar was vir godsdienstige aktiwiteite. Die leiers is ter dood veroordeel en kort daarna tereggestel. Die ander 20 is glo na die berugte gevangenisarbeidskamp nr. 15 in Yodok gestuur. Die 23 Christene het tot geloof gekom nadat sommige van hulle vir sake na China gereis het en met kerklede daar vergader het. North Korea Intellectual Solidarity, 'n groep Noord-Koreaanse oorlopers gebaseer in Seoel wat poog om bewusmaking oor onreg in Noord-Korea te kweek, het die gebeure bevestig.

Bid: vir die geskatte 400 000 Christene in Noord-Korea wat onder die voortdurende bedreiging van tronkstraf, marteling of openbare teregstelling leef as owerhede hul Christelike geloof ontdek. mag hulle geleenthede kry om saam te ontmoet en mekaar aan te moedig. (PS.62:2)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/north.korea.executes.underground.church.leaders/26540.htm