Prys God vir Christelike uitreik in moeilike omgewings. God roep mense bonatuurlik en stel Christenwerkers vry om nuwe gelowiges te besoek, raad te gee, aan te moedig en te dissipel. Ons is gevra om te bid oor die probleem om geskikte vrouens vir nuwe gelowiges te vind. Daar is situasies waar mans deurkom maar die vrou nog nie glo nie. Dank God vir oop deure na minderheidssektes van Islam, een is die Yezhide, wat die 'pougod' aanbid wat glo 'n gevalle engel is. Bid dat Christelike uitreikgroepe in hulle midde gestig sal word. Nog 'n Islamitiese sekte glo in die Psalms en daar word bespiegel dat hulle voorheen Jode was. Hulle is baie oop en daar is gelowiges in hulle midde, maar hulle word baie vervolg deur meerderheid Moslems. Honderde van hierdie stam is deur terroriste vermoor en daar is baie weeskinders en weduwees.
Bid: vir meer gelowiges met 'n las om hierdie nuwe gelowiges te help, en vir die beskerming van diegene wat vervolging en verlies in Irak en Koerdistan in die gesig staar. (Ps.112:4)