Nigerië: Hulp nodig om militante te beveg

Chad se leier het gevra vir die dringende skepping van 'n streeksmag om Nigeriese Boko Haram-militante te takel. Die Islamitiese groep werk in die noorde van Nigerië, maar president Idriss Deby het gesê dit hou 'n bedreiging in vir sy bure rondom die Tsjadmeer. "Ons kom is aan onveiligheid blootgestel as gevolg van die permanente bedreiging wat Boko Haram inhou," het hy gesê. Nigerië het gesukkel om aanvalle deur die militante wat Islamitiese wetgewing in die land wil instel, in bedwang te hou. Barnabas Fonds het Dinsdag berig dat ongeveer 300 Christene die afgelope drie weke in een bisdom vermoor is. Verlede Sondag is 3 kerkdienste in Noord-Nigerië geteiken wat 27 dood gelaat het. Sien:

Bid: vir die skepping van 'n gesamentlike Afrika-afskrikmag om die Christelike gemeenskap in Nigerië te beskerm. (Ps.17:8-9)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-africa-17906504