Op Woensdag 24 Oktober het oud-militante in die Niger-Delta 'n geheime kanaal aangemeld waardeur die militante Islamitiese sekte Boko Haram wapens/ammunisie na die land vervoer met die hulp van 'n top-regeringsamptenaar (naam weerhou) wat sy invloed gebruik om Nigeriese Doeane te omseil . President Goodluck Jonathan het vroeër vanjaar tydens 'n kerkdiens ter herdenking van die 2012 Gewapende Magte-herinneringsdag gesê dat lede van die Islamitiese sekte die drie arms van die regering op federale vlak geïnfiltreer het. Hy het erken dat die bekamping van Boko Haram ingewikkeld was aangesien lede van die Boko Haram-sekte in die gewapende magte, die uitvoerende gesag, wetgewer en regbank was. Verlede Sondag ná drie dae van Islamitiese aanvalle op kerke en ander teikens wat dosyne dood gelaat het, het honderde inwoners noordoos van Nigerië begin vlug. Sien: http://www.worthynews.com/11819-nigeria-militants-attack-church-and-other-targets-dozens-killed Boko Haram se militante veldtog en die militêre reaksie het glo meer as 2 800 mense dood gelaat sedert 2009.
Bid: dat die regering in staat sal wees om sekuriteit te verbeter. Bid vir beskerming van soldate en burgers in krisisgeteisterde gebiede. (Spr.24:3-4)