Nigerië: Harde realiteite van kerkbomaanval

Die selfmoordbomaanval deur Boko Haram op Kersdag wat 45 mense dood en 73 beseer het, het die ruïnes van St Theresa se Katolieke Kerk in 'n nasionale rouplek verander. Drie van die 45 bevestigde dood was polisiemanne wat op wagdiens was ten tyde van die aanval, en die meeste van die ander was gemeentelede. 'Die skok van die voorval was baie traumaties vir die mense, en dit gaan vir hulle moeilik wees om daarvan te herstel – ons almal rou nog steeds. Die aanbidders het rede om bang te wees na 'n voorval soos hierdie, maar hulle word versterk deur die bloed van die martelare en het nie toegee om die daaglikse Mis by te woon nie.' het ds Joseph Akor, direkteur van kommunikasie van die Minna-bisdom, gesê. President Goodluck Jonathan, 'n Christen, het probeer om sektariese geweld te voorkom deur dringende vergaderings met Moslem- en Christenleiers te hou.

Bid: vir die oorlewendes om God se vrede te ken, vir diegene wat treur om Sy troos te ken en dat almal die versoeking sal weerstaan om weerwraak te neem. (Mt.5:4-6)

Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/nigeria/article_1316092.html